BAREND BARENDS
DIE VERGETE KAPTEIN VAN DANIELSKUIL
ABOUT THE BOOK
Hierdie boek is ’n speurtog op die spoor van Barend Barends, die byna vergete Griekwakaptein van die Noord-Kaapse dorp Danielskuil, en sy nageslag. De Graaff wissel stukkies en brokkies onbekende geskiedenis af met onderhoude wat hy gevoer het met die huidige inwoners van Danielskuil. Daaruit blyk nie net hul ongelukkigheid oor die verloregaan van hul “agtervaders” se kultuur en tradisies nie, maar ook hul (vermeende) onmag om iets daaraan te doen. Hy plaas sodoende die kollig op ’n bevolkingsgroep wat tot dusver in ’n politieke en sosiale skemerwêreld beweeg het. Sy eie ervarings en waarnemings vorm ’n integrale deel van die vertelling, wat sy besoek aan Danielskuil soos ’n boeiende reisverhaal laat lees. Die boek is geskryf vir ’n breë publiek, maar in die eerste plek vir die Griekwas self. Net soos Ware mense is hierdie boek ook deur Daniel Hugo uit Nederlands vertaal. Die historiese taalkundige prof.
“Bart de Graaff deel sy eerstehandse waarneming oor Suider-Afrika
se ware mense met lesers wat gou agterkom hoe belangrik sy
bydrae tot hierdie kennisgebied is. Al Bart de Graaff se publikasies
lees onderhoudend, maar die vennootskap met Daniel Hugo as
vertaler van hierdie boek uit Nederlands het ’n besondere klank.
’n Waarskuwing: Moet dié boek nie uitleen nie! Dit is goed moontlik
dat dit nie weer teruggegee sal word nie.”
Literator, 2018
About the Author
Bart de Graaff is ’n Nederlandse joernalis, historikus en draaiboekskrywer van dokumentêre films. Hy skryf al jare lank boeke en artikels oor Afrikaanssprekende gemeenskappe in Suid-Afrika en Namibië. Sy vorige boek oor die verlede en hede van die Khoi-Khoin in Suidelike Afrika is in 2017 in Afrikaans vertaal en uitgegee as Ware mense.
